Uncategorized

ATKV Applous 2026

Ons koor WEN die ATKV-Applous! Ons word gekroon as die Beste Gemengde Koor in Suid-Afrika nadat ons die PRESTIGE Gemengde-afdeling by die nasionale kompetisie gewen het!

Ons harte loop oor van trots, maar bo alles is ons diep nederig en dankbaar vir hierdie ongelooflike geseënde oomblik. Dit is die vrug van ontelbare ure se toegewyde werk, absolute passie en ‘n ongelooflike spanpoging. Baie geluk aan elke enkele koorlid, ons briljante dirigent Jade Paige en ons gewaardeerde koormamma Liza-Maré Coetzee! ‘n Baie spesiale woord van gelukwensing en dank aan die bekende Stefan Lombard vir sy meesterlike begeleiding wat ons koor se optrede na nog hoër hoogtes geneem het. Julle het nie net musiek van die hoogste nasionale gehalte gemaak nie, maar ook julle harte uitgespeel en uitgesing.

Die kompetisie het nie vir ons gegaan oor wen nie. Ons wou vir almal gewys het hoekom ons so lief is vir musiek en wou SY lig laat skyn het deur ons optrede. Ons is so ongelooflik trots!

Baie dankie aan elke ouer vir die rondry, ondersteun en aanmoedig, elke ondersteuner se liefde en ons hele bloubloed skoolgemeenskap wat saam met ons op hierdie reis was!

Baie baie geluk aan elke koor wat hierdie week deelgeneem het en ons liefde vir musiek deel, soos oud-president, Nelson Mandela gesê het: “Musiek is die groot gelykmaker. Dit het die krag om mense te verbind, ongeag waar hulle vandaan kom.” Hoe bevoorreg is ons nie!!