Wat ‘n ongelooflike naweek vir DF Akademie! Beide ons koor en kamerkoor het die naweek hul onderskeie kategorieë by die gesogte Tygerberg Internasionale Eisteddfod Gala-aand gewen! Die kamerkoor behaal ‘n allemintige 91.6% terwyl die koor breëbors loop oor ons 95%.
Hierdie uitsonderlike prestasie volg kort op ons koor se historiese nasionale oorwinning by ATKV-Applous en bewys weereens die wêreldklas skooltrots en toewyding van ons leerders.
‘n Spesiale woord van dank en respek aan ons matrieks van 2026:
Midde-in die druk van die rekordeksamen, net voor die wiskunde-vraestel, het julle steeds opgedaag, julle alles gegee en op die verhoog gestaan om julle skool se naam hoog te hou. Dít is ware leierskap, diensbaarheid en karakter! Ons is so dankbaar en trots op julle toewyding en passie!
Baie geluk aan elke koorlid, ons ongelooflike dirigent, Jade Paige wat altyd net MAGIC maak waar hy gaan, ons geliefde koormamma, Liza-Maré Coetzee en ons begaafde begeleier, Stefan Lombard. Dit is voorwaar ‘n voorreg om saam met elkeen van julle musiek te kan maak!